Skip to product information
1 of 1

Huia (NZ) Ltd

Totale Aanslag: Apartheid se vuil truuks onthul

Totale Aanslag: Apartheid se vuil truuks onthul

Regular price $11.30 USD
Regular price Sale price $11.30 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Vir die grootste gedeelte van sy bewind is die Nasionale Party-regering gesteun en onderhou deur die direkte betrokkenheid van sy veiligheidsmagte. Gewone landsburgers het geen idee gehad waar voor hul belastinggeld aangewend word nie – die befondsing van onortodokse en selfs onwettige operasies wat alles van internasionale propagandaveldtogte tot die aktiwiteite van plaaslike moordbendes ingesluit het. Vanuit die gevreesde geledere van die Veiligheidspolisie, die sinistere Burgerlike Samewerkingsburo, die alombekende BOSS en die magdom frontmaatskappye wat gestig is om die wapenembargo en ekonomiese sanksies te omseil, is Suid-Afrika in die grootste geheimhouding regeer. Dit was die regering se Totale Strategie teen die vyand se Totale Aanslag. ’n Handjievol gedugte joernaliste het die waarheid agter apartheid begin oopvlek, maar ondanks hulle toewyding en die latere werk van die Waarheids- en Versoeningskommissie, bly heelwat van Suid-Afrika se onlangse verlede steeds in geheimhouding gehul. Nou, vir die eerste keer, kan ondersoekjoernalis De Wet Potgieter lig werp op enkele van die kwellendste vrae oor hierdie tydperk, soos wat by PW Botha se finale kabinetsvergadering gebeur het, tot die sluipmoord op Olof Palme. Hierdie en baie ander van die destydse verslaggewing bied ’n seldsame en boeiende blik op wat agter die skerms binne Suid-Afrika se veiligheidstrukture gebeur het tydens die apartheidsera.
View full details