Skip to product information
1 of 1

Best Books

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leerderboek vir Huistaal

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leerderboek vir Huistaal

Regular price $6.65 USD
Regular price Sale price $6.65 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, in ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Graad 6 Huistaal om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! KABV-geskik.
View full details