Skip to product information
1 of 1

Jonathan Ball Publishers

Jan Smuts: Afrikaner sonder grense

Jan Smuts: Afrikaner sonder grense

Regular price $10.99 USD
Regular price $12.99 USD Sale price $10.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum. In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

View full details