Skip to product information
1 of 1

Jonathan Ball Publishers

Op 'n stormsee: Ware verhale van Suid-Afrikaanse seereddings

Op 'n stormsee: Ware verhale van Suid-Afrikaanse seereddings

Regular price $11.36 USD
Regular price Sale price $11.36 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity

Die waters om die Suid-Afrikaanse kuslyn word as van die gevaarlikste ter wêreld beskou. Wisselvallige weerstoestande, sleurstrome en fratsgolwe is van die faktore wat mense in lewensgevaar laat beland en soms tot tragedies lei.

Ongeag die gevaar, is die dapper vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut egter altyd bereid om hul eie lewens op die spel te plaas om ander mense te red. Hulle sal dikwels in gure weer en in die donker en ysige koue uitvaar en alles in hul vermoë doen om mense veilig terug te bring.

Die boek bevat 'n versameling stories oor waagmoedige reddingspogings gevul met drama en gevaar. Van brandende skepe tot haaiaanvalle en sinkende vistreilers – dit is die verhaal van die mens se ewige stryd teen die see.

View full details