Skip to product information
1 of 1

CruGuru

Drome Kan Waar Word

Drome Kan Waar Word

Regular price $13.99 USD
Regular price Sale price $13.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Sheree Stiler is 'n jong Christenmeise in Suid-Afrika wat met haar lewe probeer voortgaan, sewe maande nadat haar kêrel Ricardo in 'n skietongeluk gesterf het.

Sheree het 'n paar groot drome oor wat sy met haar lewe vorentoe wil bereik: Sy wil haar eie boek skryf, sy wil vir 'n wêreldbekende Britse popgroep liedjies skryf, sy wil haar eie hotel oopmaak, en sy wil ook haar ware man ontmoet.

Sheree word baie geseën in haar lewe, en met harde werk word haar drome een-vir-een bewaarheid. Sy skryf 'n boek wat gepubliseer word; sy word deur die popgroep na Brittanje genooi om hulle liedjieskrywer te wees, sy maak haar eie hotel in Engeland oop en sy ontmoet die man van haar drome daar.

Sheree het egter ook 'n ander geheime droom gehad, 'n vreemde droom waarvan niemand geweet het nie... en toe word hierdie droom ook waar...

Drome Kan Waar Word is 'n Christelike liefdesroman wat handel oor die vervulling van drome en wense en wat veral by jonger lesers sal aanklank vind.

View full details